issue image

Weg neem beter foto’s

Regular price
Rs. 3.93
Sale price
Rs. 3.93

Of jy nou ’n kieklustige amateurfotograaf is wat jou mik-en-druk deeglik wil benut of ’n kranige watergatwaker met ’n sak vol lense, Weg se splinternuwe 2016-fotografie-uitgawe vertel jou álles wat jy moet weet. Sluiterspoed? Lensopening? Beligting? Ons ontleed dié duistere vaktaal en gee jou wenke en truuks wat verseker dat jy kiekies neem wat goed genoeg is vir die sitkamermuur.